As jy ’n aanhanger is van Katy Perry, behoort dié versamelstuk jou besig te hou tot die uitreiking later vanjaar van haar nuwe album.

Dis ’n regstreekse opname op CD en DVD van ’n akoestiese MTV-sessie.

Al is net sewe liedjies daarop, sal jy haar nuwe weergawes van liedjies soos I Kissed a Girl en Waking Up in Vegas wil hoor.

Album: MTV Unplugged, Kate Perry

Resenset: Jared Orlin

Wat dink ons: 4/5