MTN het Maandag gesê hulle ervaar verbindingsprobleme wat sowat een miljoen kliënte se stempos-, SMS- en datadienste beïnvloed.

Die verbindingsprobleme het Sondag begin, het Chris Maroleng, korporatiewe hoof van die groep, aan Fin24 gesê.

Kliënte wat byvoorbeeld Sondag ’n data-, SMS- of lugtydbondel gekoop het wat hulle oor ’n 24 uur-tydperk nie kon gebruik nie kwalifiseer vir vergoeding, sê Chris.

“Ons moet vasstel hoeveel van daardie een miljoen was geraak daardeur. Ons beplan om die kliënte wat daarvoor in aanmerking kom te vergoed.”

MTN is egter nog in die vroeë stadium van vasstel wie sou daarvoor kwalifiseer, sê Chris.

Gefrustreerde kliënte kla

MTN het Dinsdagoggend aan Fin24 gesê netwerkprobleme Sondag en Maandag het ’n “klein haakplek veroorsaak in die nodes wat verkeer vervoer na die kliënte wat daardeur geraak is.”

Sommige MTN-kliënte het Dinsdag gesê hulle ervaar nog steeds verbindingsprobleme. “Ek is in Plettenbergbaai. Ek kon die afgelope 24 uur nie SMS’e stuur na ander fone nie, hoewel SMS’e vanaf landlyne my bereik,” het David Friedman, ’n MTN-kliënt Dinsdagaand aan Fin24 gesê.

Nog ’n kliënt, Amu Nwankoti, het laat Dinsdag gekla oor netwerkprobleme. “MTN sê hulle het die netwerkprobleem opgeklaar, maar ek sukkel nog daarmee. Ek dink daaraan om ’n ander diensteverskaffer te kry. Dis so vol nonsens,” het hy per e-pos aan Fin24 gesê.

MTN het egter Dinsdagaaand ’n verklaring uitgereik en gesê die “netwerk en alle dienste is ten volle herstel”.

MTN is naas Vodacom Suid-Afrika se naasgrootste selfoondiensteverskaffer. MTN het in Oktober verlede jaar aangedui dat hulle 29 miljoen kliënte in Suid-Afrika het.

Bron: News24

Ander stories op Huisgenoot.com

Kinders grootmaak kan ouers se immuniteitsisteem radikaal affekteer

Kyk: Kantoorchaos kom tot ’n einde danksy ‘slim’ stoele

Kyk: Pragtige foto’s van swanger Sorina