Die Japannese motorreus werk aan ’n spesiale buitelaag, bekend as Ultra-Ever Dry, waaraan water, vullis, modder, olie, ryp, nat sneeu en ander vuiligheid nie kan kleef nie; dit drup eenvoudig grond toe, berig cnbc.com.

“Dis ontwerp om bestuurders se spanning te verminder,” sê Geraldine Ingham, hoofbemarkingsbestuurder by Nissan.

Maar moenie te vinnig bly raak nie. Die buitelaag word nog in Switserland getoets; daarom kan Nissan se jongste modelle nog nie met dié wonderbuitelaag spog nie.

“Ons is wel verbind daartoe om probleme op te los wat ons kliënte elke dag ervaar, en sal aanhou om opwindende tegnologie te toets, soos die Ultra-Ever Dry.”

– Christiaan Boonzaier.