Arun Kumar het sowat R3,5 miljoen se skade aan die luukse motor aangerig toe hy ten aanskoue van hotelgaste in ’n betonmuur by die hotel vasry.

Die ontstelde motorbestuurder, Nipun Miglani, het die Italiaanse motor by ’n vriend geleen en dit verlede week na die hotel geneem.

Beeldmateriaal van kringtelevisiekameras wys hoe Arun agter die stuurwiel inklim en onverklaarbaar vorentoe skiet. Een van sy kollegas moes uit die pad duik om hom te vermy.

Kyk die video hier:

- Sapa