Dit was nadat die toets getoon het die bestuurder was 11 keer hoër as die wetlike perk.

Die asemtoetser het 'n lesing van 2.76 mg alkohol per 1 000 ml asem getoon. Die wetlike perk is 0.24 mg alkohol per 1 000 ml.

Die bestuurder was een van 32 motoriste wat Sondag by 'n padblokkade in Lingelethu-Wes in hegtenis geneem is.

JP Smith, die Burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit van die Stad Kaapstad, is geskok oor die voorval.

"Die verkeersbeamptes het 'n rukkie lank gedink die asemtoetser kon dalk foutief wees, maar dit het geblyk dat hierdie motoris eenvoudig in 'n onkapabele staat van dronkenskap was.

"Ek is redelik seker hy het nie alleen partytjie gehou nie, en dit laat die vraag ontstaan hoekom enigemand hom kon toelaat om in daardie toestand agter die stuur van 'n motorvoertuig in te klim," het Smith in 'n verklaring gesê.

"Hoe is ons … veronderstel om mense se gedrag te verander en ons samelewing veiliger te maak as mense dink dit is aanvaarbaar om so baie te drink en dan agter 'n motor se stuurwiel in te klim?"

Bron: News24