Die lyk van die 40-jarige Leon Strydom, wie se voertuig tydens swaar vloede in Pretoria meegesleur is, is Vrydagoggend gevind.

[caption id="attachment_119936" align="alignnone" width="600"]Reddingswerkers in Pretoria-Noord waar 'n kar weggespoel het. Foto: News24, Karabo Ngoepe Reddingswerkers in Pretoria-Noord waar 'n kar weggespoel het. Foto: News24, Karabo Ngoepe[/caption]

“Die lyk is gevind,” het kapt. Riana van Aarde aan News24 gesê.

Leon was sedert Donderdagoggend vermis.

Hy was op pad werk toe, toe diep vloedwaters sy voertuig wegspoel.

Vroeër Vrydagoggend het polisieduikers na die toneel teruggekeer om die soektog na hom voort te sit nadat reën Donderdag hul reddingspogings belemmer het.

Bron: News24

Ander stories op Huisgenoot.com

Vir Altyd verskuif grense ná hul meeste geld nog vir Afrikaanse fliek verdien

Karen Zoid en Anneli van Rooyen saam op verhoog – ‘ek is skoon benoud,’ sê Anneli

Aantreklike misdadiger gedoop ‘Hot Felon’ is slaggereed vir modelwees

Namibiese supermodel Behati Prinsloo en haar man, Adam Levine, verwag eersteling!

Grusame besonderhede oor Tokai-moord kom aan die lig

‘Dit is net God se genade’: Tweejarige terug by die huis ná boetie hom uit swembad red