“Die slagoffer is op ’n kort afstand in die gesig geskiet nadat hy ’n bestuurder gekonfronteer het wat hy na bewering daarvan beskuldig het dat hy oor ’n stopstraat gery het,” sê hoofsuperindendent Wilfred Kgasago, woordvoerder van Ekurhuleni se metropolisie.

Die skieter het twee skoolkinders by hom in die motor gehad tydens die voorval omstreeks 20 voor agt.

Wilfred sê die bestuurder van ’n VW Jetta het blykbaar nie by ’n stopteken in Daeraadstraat stilgehou nie. ’n Man in ’n Isuzu-bakkie het hom toe agternagesit.

Albei bestuurders het stilgehou en die bestuurder van die Isuzu het uitgeklim en na die Jetta-bestuurder gestap wat by die twee kinders in die motors gesit het.

’n Woordewisseling het gevolg en die Jetta-bestuurder het ’n vuurwapen uitgeruk en die Isuzu-bestuurder in die gesig geskiet.

Hy is in hegtenis geneem en sal binne 48 uur in die landdroshof in Kempton Park voorkom.

Wilfred sê die naam van die 53-jarige slagoffer kan eers bekend gemaak word wanneer al sy naasbestaandes van sy dood in kennis gestel is.

Hy sê daar was emosionele tonele ná die skietvoorval.

“Albei se vrou het daar aangekom en was histeries.”

Bron: News24