Die man, in sy 30’s, is op die toneel dood verklaar. Russel Meiring, ER24-woordvoerder, het gesê paramedici het die man omstreeks 08:15 ’n paar meter van sy motorfiets se wrak aangetref. “Sy beserings was noodlottig en hy het geen teken van lewe getoon nie.”

Die man se identiteit is nog nie bekend gemaak nie.

Plaaslike nooddienste was op die toneel om verdere ondersoek in te stel.