Bespreek vir Skouspel!

Cancer.vive is 'n splinternuwe organisasie wat bestaan uit 'n groep mense wat kanker oorleef het of steeds daarmee leef, en wat 'n positiewe verskil wil maak aan die lewens van ander wat ook dié siekte het.

Van die 16de tot die 24ste September gaan die uitsonderlike groep mense die land op Triumph-motorfietse deurkruis, met 'n baie spesifieke doel voor oë - om fondse in te samel, mense in te lig oor die realiteite van kanker, bewustheid te skep en om ondersteuningsnetwerke te identifseer en te ontwikkel, nie net vir die mense wat kanker het nie, maar ook vir hulle vriende en familie.

Fokus van die veldtog:

Die fokus van die spesifieke motorfietstoer is die sogenaamde “skaam”-kankers (bors-, servikale, ovariale, prostaat- en testikulêre kanker). Die kanker wat die meerderheid mense moeilik vind om oor te praat en wat meestal nie betyds opgespoor word nie as gevolg van 'n gebrek aan kennis, vrees, stigmas, kulturele taboes en dies meer.

Die belangrikheid van vroeë opsporing en die regte behandeling gaan ook benadruk word.

Die mans en vroue wat gaan saamtoer is 'n lewende bewys dat, as jy weet waarna om op te let en betyds die nodige behandeling ontvang, jy steeds 'n vol en gesonde lewe kan lei.

Om dié goeie nuus in stede, dorpies en verafgeleë en landelike gebiede te versprei is nie 'n maklike taak nie, en kan nie gedoen word sonder die hulp en goedgunstige samewerking van maatskappye en individue vir wie die saak na aan die hart lê nie.

In die woorde van Adéle du Plessis van Revlon, die hoofborg van die Cancer.vive-toer; "Moenie skaam wees vir die realiteit van kanker nie. Jy kan oorleef".

Julle kan die vroue se vordering daagliks hier om Huisgenoot se webtuiste volg.

Dag1: