’n Motorfiets wat sonder ’n bestuurder op die N3 gejaag het, het Sondag naby Harrismith met ’n voertuig gebots.

[caption id="attachment_153604" align="alignnone" width="600"]Foto: Unsplash Foto: Unsplash[/caption]

Die bestuurder is glo kort voor die ongeluk van sy motorfiets af geslinger nadat iets skielik met die fiets skeefgeloop het.

Intussen het die motorfiets aanhou beweeg op die snelweg tot dit met ’n motor gebots het. Die bestuurder van die motor vertel hy het die motorfiets gesien aankom, maar kon nie betyds uit die pad kom nie.

Die motorfietsryer is sowat veertig meter ver geslinger. Hy het ’n boom getref en op die toneel gesterf.

"Hy is ongelukkig weens die impak oorlede," het Netcare 911 se Chris Botha bevestig. "Die bestuurder van die motor het wonderbaarlik sonder beserings oorleef."

Die ongeluk word ondersoek.

Bron: News24