’n Ier het onlangs opgestaan met ’n lelike kopseer, en dit nie van te veel bier nie. Dié video wys hoe ’n man van Drogheda, Ierland, lelik sy rieme styfloop nadat hy by ‘n motor probeer inbreek het deur ’n baksteen na die motorruit te slinger. Maar toe speel die baksteen nie mooi saam nie…

Die motor se eienaar, Gerry Brady, wat ook ’n nabye kroeg besit, het op die man afgekom in ’n poel van sy eie bloed.

Gerry het eers vermoed die man is aangeval, tot hy sy beskadigde motorruit gesien het. Hy het toe die polisie ontbied wat die man gearresteer het.

Die video van die petalje het glo omtrend ’n konsternasie veroorsaak. “Julle moes gehoor het hoe die polisie daarvoor gelag het,” vertel Gerry. “Hulle kon nie ophou nie.”

Die voorval word steeds in ’n ernstige lig ondersoek.

Kyk hier na die video:

Bronne: Huffington Post, Daily Mirror