Die Oscar-bekroonde aktrise, Reese Witherspoon, het ligte beserings opgedoen nadat sy deur ‘n motor raakgery is, het AFP berig.

Volgens die polisie het Witherspoon gedraf toe ‘n 84-jarige vrou haar per abuis raakgery het by ‘n voetoorgang in die seefront-gebied van Santa Monica.

Die bejaarde vrou het glo teen sowat 32km/h gery toe die voorval plaasgevind het.

Die aktrise is na die hospitaal geneem, maar is later ontslaan en sterk by die huis aan.

“Die beserings is nie te ernstig nie en Reese sterk nou rustig by die huis aan,” het haar woordvoerder Woensdag gesê.

Volg Huisgenoot op Twitter. 

-AFP