Munisipale woordvoerder Harry Hill sê die brand het vroeg Donderdag ontstaan. “Die omgewing hier is baie droog en warm en met tye heers daar baie sterk wind. Die vuur het gebrand . . . verwoed en vinnig versprei . . . ons brandafdeling doen alles binne hulle vermoë om die brand te blus.”
Harry sê helikopters staan brandbestryders by deur seewater op te skep.
“Daar het in ’n stadium kommer geheers dat die brand in aantog was na die huise in die residensiële gebied, maar is tot dusver nog verhoed.”

In hierdie stadium is niemand nog beseer nie; volgens Harry is inwoners nog veilig – die vuur het intussen versprei na die bebosde area teen die N2.

Bron: News24; Foto via @_ArriveAlive-twiet hierbo geneem deur vryskutfotograaf, Tersia Marais