Die Hong Kong Cleanup Initiative het DNS van rommel soos kougom, papierkoppies, sigaretstompies en selfs kondome gevat en die morsjorse se gesigte uitgebeeld. Hulle hoop dit sal mense twee keer laat dink voordat hulle rommel strooi.

Met behulp van die DNS kon hulle die etnisiteit, oog-, haar- en velkleur asook gesigvorm vasstel. Vandaar kon hulle ’n akkurate fotobeeld saamstel.

Die gesigte is daarna op groot borde regoor die stad uitgestal waar die rommel gevind is. Tot dusver is 27 uitbeeldings van rommelstrooiers saamgestel.

Hong Kong produseer jaarliks meer as 6.5 miljoen ton rommel.

Kyk hier na ’n video van die projek:

Bronne: TIME, Daily Mirror, dailymail.co.uk