ORAL teen die mure van die luukse dubbelverdiepinghuis in Moreleta Park, Pretoria, pryk reuse foto’s van die goue rugby-oomblikke van die generaal van Loftus Versfeld.

Die Blou Bulle se Curriebeker-triomf van 2009 is daar. En die keer toe Morné Steyn met twee doelskoppe en twee strafskoppe die Springbokke se reeksoorwinning oor die Britse Leeus beklink het. Ook sy heel eerste drie en suksesvolle doelskop in die groen en goud is daar vasgevang.

Maar wanneer hy nie met rugby besig is nie, kom hy huis toe. Hier saam met vroulief Christelle (24), die worshond Mitchy en die gemmerkat Caesar is die skopkoning op sy gelukkigste.

Deur die hele huis vloei die tema van swart, wit en silwer. Dit is die vrou van die huis se gunsteling-kleure.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 7 April 2011