Volgens die owerhede het ’n tiener van Pennsylvania in Amerika, wat aangekla is van die skietdood van ’n ander tiener, ’n selfie met die lyk geneem en dit na ’n vriend op sosiale media gestuur.

Die 16-jarige seun word aangekla van moord ná Ryan Mangan (16) se skietdood. Ryan se liggaam is Woensdagaand in sy huis in Jeannette, Pennsylvania gevind is.

Nog ’n seun se ma het die polisie gebel en gesê hy’t ’n foto ontvang van die verdagte met die slagoffer nadat hy geskiet is, en ook teksboodskappe van die verdagte ontvang waarin hy skryf: “Ek het jou gesê ek sou die patroondoppies skoonmaak” en “Ryan was nie die laaste een nie”.

Die foto is ’n “sleutelbewysstuk wat ondersoekers na die beskuldigde gelei het,” het John Peck, distriksprokureur van die Westmoreland-distrik gesê

- Sapa