Die New York Times berig Joseph Oberhansley (33) het na bewering in die vroeë oggendure by sy eksmeisie, Tammy Jo Blanton, se huis in Jeffersonville probeer inbreek.

Die polisie is ontbied, maar is daar weg nadat daar geen teken van ’n inbraak of inbreker was nie.

Joseph het glo weer na die huis teruggekeer en sy grusame misdaad uitgevoer.

Besorgde kollegas het 911 gebel toe Jammy Jo nie die volgende dag by die werk opdaag nie. Polisie het na haar huis gegaan om ondersoek in te stel.

Hulle het haar erg-verminkte lyk in onder ’n seil in die bad gekry.

Tammy Jo (46) het dodelike beserings aan haar kop (onder meer ’n gekraakte skedel), nek en bolyf gehad. Maar veel skokkender nog was die bord en kookgerei wat met haar bloed en stukkies been bedek was.

Die polisie het ook van haar liggaamweefsels in ’n vullisdrom gevind.

Joseph was nog in die huis en is deur die polisie in hegtenis geneem. Hy word van moord, lykskending en inbraak aangekla.

“Hy het verder erken hy het ’n deel van haar brein gekook en geëet,” luidens die inhegtenisnemingsverslag, volgens Wave3.

Bronne: News.com.au, CBS News, Daily Star