Wel, dié gesegde klink beslis na die waarheid vir een Russiese meisie wat op ’n veroordeelde reeksmoordenaar verlief geraak het.

Toe Elena (24) maar net 16 jaar oud was, het sy smoorverlief geraak op Sergey Tkach (65).

Volgens polisieverslae het Sergey binne die bestek van 25 jaar ten minste 37 kinders in die Oos-Oekraïne vermoor en nog agt ander verkrag.

Elena beweer sy het op die misdadiger verlief geraak toe sy hom die eerste keer op die televisie gesien het tydens sy skandalige openbare verhoor.

Die paartjie se erg onromantiese eerste afspraak was, volgens berig, telefonies in die tronk, terwyl hulle omring was met veiligheidswagte.

Die streng tronkreëls het bepaal die paartjie kon slegs na mekaar kyk, maar kon nie aan mekaar raak nie. 

Met hul tweede afspraak het die wagte hulle egter ’n bietjie genade betoon en die twee duifies kon hul afspraak in ’n privaat vertrek geniet.

En net daar het hulle daarin geslaag om ’n baba, Elisabeth, te verwek.

Die smoorverliefde paartjie het kort hierna besluit om die knoop deur te haak.

Foto: Magazine Features

Die aanklagte teen haar man raak Elena blykbaar glad nie, want dit was ‘nie haar kinders nie’.

Die moordenaar hoop om binnekort uit die tronk vrygelaat te word en sy nuwe gesin na die verre Oos-Rusland te skuif.

Elena het ook nie afgesien van haar plan om met haar Russiese man herenig te word nie.

Sy beweer sy het dit oorweeg om Russies-gesteunde milisie in die ooste van die land te nader om haar te help om die tronk waar haar man aangehou word, op te blaas sodat die verwronge paartjie hul droom kan bewaarheid.

Lyk waarlik asof Bonnie en Clyde nie ophou voordat hulle nie vir altyd bymekaar is nie.