Maandag het Johan Visser (36) die familie van die 60-jarige Anita Cassell in die hooggeregshof in Pretoria om verskoning gevra vir die grusame moord op haar.

“Danie, ek is so jammer. Jou ma was ’n lieflike mens. Ek hoop jy sal my eendag kan vergewe,” het hy aan Anita se seun, wat ook sy gewese werkgewer by Panarotti’s in Montana was, gesê.

Anita se moord die oggend van 7 September 2015 het deur die hart van die Wonderboom-gemeenskap gesny.

Hy het gedobbel en was glo reeds van 12-jarige ouderdom aan dwelms verslaaf.

Sy is destyds deur talle vriende as ’n regte barmhartige Samaritaan beskryf. Toe kruis haar pad met dié van Johan Visser.

Visser was ’n man wat probleme gehad het. Hy het gedobbel en was glo reeds van 12-jarige ouderdom aan dwelms verslaaf. Anita sou glo gereeld saans, soos ’n ma wat vir haar kind omgee, met hom gesels en probeer raad gee.

Maar toe besluit Visser hy wil geld in die hande kry wat hy geglo het hom toekom. Danie wou na bewering nie die geld aan hom betaal nie omdat hy vermoed het Visser is onder die invloed van iets en sou die geld dadelik verkwis.

Visser het egter anders gedagtes gehad. Die restaurant was vir hom ’n logiese keuse en boonop was die sleutels vir die restaurant in Anita se huis. Danie, haar seun, het ook in die huis gebly.

Visser het sowat twee weke voor die moord verdwyn. Hy was nie by die huis nie en het ook nie by die werk opgedaag nie. Tot daardie noodlottige Maandagoggend in September wat hy na die slapende Cassells se huis gegaan het.

Daar het hy nog dwelms gebruik en ’n brandewynbottel bygedam.

Visser is daarop terug kombuis toe om sy baadjie te kry wat hy agtergelaat het. Om die een of ander “onverklaarbare rede” het hy ook ’n steakmes gevat.


Die honde het glo aan die blaf gegaan toe hy Danie se kamer, waar die restaurantsleutels was, genader het.

Visser is daarop terug kombuis toe om sy baadjie te kry wat hy agtergelaat het. Om die een of ander “onverklaarbare rede” het hy ook ’n steakmes gevat.

Anita, in alle waarskynlikheid deur die honde wakker gemaak, was in haar slaapklere toe sy uit haar kamer kom en vir Visser in haar huis aantref.

Danie het intussen wakker geword van die “pynlike roggelende geluide” wat sy ma gemaak het.

Volgens Visser het Anita sy naam uitgeroep. “Ek het haar begin steek. Ek weet nie waar of hoeveel keer nie,” het hy getuig.

Danie het intussen wakker geword van die “pynlike roggelende geluide” wat sy ma gemaak het. Toe hy uit sy kamer kom, het Visser hom met die mes bygedam en twee keer in die arm gesteek.

Anita is op die toneel dood. Sy is agt keer in haar bors en rug gesteek.


Visser het met die restaurant se sleutels koers gekies na Panarotti’s en vir Danie by sy sterwende ma gelos. Anita is op die toneel dood. Sy is agt keer in haar bors en rug gesteek.

Volgens beeldmateriaal bekom van die kringtelevisiekameras het hy omstreeks 06:30 sy opwagting by die restaurant gemaak waarna hy agter pilare vir veiligheidsbeamptes weggekruip het.

Die restaurant se alarm is geaktiveer toe hy dit binnegaan. Visser het daarin geslaag om met R45 000 te vlug.

Sy meisie, Anesia de Kok (destyds 27), het vir hom in die parkeerterrein gewag. Dit was ook sy wat hom, waar hy in die bosse by die Cassels se huis weggekruip het, gaan oplaai het.

Visser is ongeveer 15:00 dieselfde dag by ’n dobbelplek in Ninapark, Pretoria, vasgetrek.

Visser is skuldig bevind aan die moord van Anita, inbraak en roof met verswarende omstandighede. Maar dit is nie die eerste keer dat hy met die gereg bots nie.

Anesia het destyds saam met Visser in die hof verskyn en is aangekla van die besit van gesteelde goedere. Anesia is op borgtog van R2 000 vrygelaat terwyl Visser in aanhouding gebly het. Sy het getuig dat sy R5 000 by Visser gekry het.

Sy is later van die aanklag vrygespreek.

Met sy verskyning op Woensdag 9 September 2015, in die landdroshof in Pretoria-Noord het Visser glo volgens lede van die publiek aan Danie gesê: “Jy’s f****n useless. As jy wakker was, dan sou hierdie k*k nie gebeur het nie.”

Visser is reeds verskeie kere skuldig bevind aan diefstal en een van strafbare manslag wat die resultaat was van ’n ongeluk wat deur hom veroorsaak is. Die slagoffer was sy meisie.

Regter Bert Bam het in Januarie 2017 sy ontevredenheid uitgespreek met ’n vonnis van 25 jaar vir Visser. Hy sê hy sou hom tot minstens 40 jaar agter tralies gevonnis het nadat Visser erken het hy was onder die invloed van dwelms toe hy Anita vermoor het.

Visser sal later in die week gevonnis word.

Bronne: netwerk24.co.za, rekordnorth.co.za, iol.co.za, citizen.co.za