Eers is haar vriendin saam met ’n buurvrou in raaisel­agtige omstandighede wreed vermoor. Toe, net drie weke later, word die man wat 19 jaar lank haar geestelike mentor was, grusaam om die lewe gebring.

Op die hartseer Maandag van sy begrafnis het nog ’n skok op Ria Grunewald gewag toe sy die oggend die voordeur van haar huis in Krugersdorp oopmaak. Op die drumpel het ’n pakkie gele^ met iets weersinwekkends daarin.

Dit het na ’n deel van ’n brein gelyk, maar kon dit wees? En was dit van ’n dier of selfs dalk van ’n mens? Daarby was ’n boodskap wat haar ysig koud laat word het: “Nou kan jy ook jou eie Dstukkie van Regi he^ . . .”

Lees Herman Scholtz se artikel in Huisgenoot, 11 Oktober 2012.

Foto: Natacha Burger was deel van die Overcomers through Christ-groep. Sy is in die keel gesteek en het verskeie houe teen die kop gehad.