Toe die polisie hom kom haal oor die moord op sy vrou, kon hy sy twee jong kinders nog vir oulaas gaan groet. “Liewe Jesus het gesê ek moet Mamma doodmaak,” het Martin “Tracer” Dippenaar verduidelik . . .

Bespreek vir Skouspel!

Sewe weke tevore, skuins voor vyf die oggend, het die telefoon in sy skoonma se huis op Hopetown in die Noord-Kaap gelui. “Hallo, Ma, ek bel net om te sê jou dogter is dood.”

Haar skoonseun se woorde was koud en emosieloos, onthou sy. Monique het in haar slaap gesterf, het hy gesê, net daar langs hom in die bed. Alida Veldsman het teruggedink aan 1992 toe haar man ook in sy slaap langs haar in die bed gesterf het. Eers haar man en nou haar dogter . . . Kon die geskiedenis hom so wreed herhaal het?

Maar nie lank daarna nie het speurders van Kuruman haar skoonseun in hegtenis geneem weens die moord op Monique. In die Dippenaars se huis op Kuruman was geld geen probleem nie. Tracer en Monique was albei maar 32, maar daar was reeds sprake van aftree en ’n plaas êrens in Namakwaland koop. Maar die liefde wat binne dié mure moes bly, het na ’n ander vrou gegaan. En toe Monique daarvan te hore kom, wou sy skei . . .

Net meer as ’n jaar later het Tracer nou in die rondgaande hof in Kathu erken hy en Monique het die aand van haar dood rusie gemaak nadat klein Amos (6) en Jana (7) bed toe is. Hy wou ’n einde aan die onenigheid maak, het Tracer gesê. Toe gaan haal hy ’n bottel chloroform en ’n stuk materiaal, week die materiaal in die chemikalie en druk dit oor haar mond tot sy gesterf het.

Die nadoodse ondersoek het gewys haar longe het inwendig gebloei van die chloroform en sy het versmoor in die bloed. Sy was, ironies genoeg, die voorsitter van die Women Against Crime-tak op Kuruman.

Nou sal Tracer die volgende 20 jaar in die tronk sit.

Lees die volledige artikel in Huisgenoot van 31 Desember.