'n Man van Benoni is Vrydag deur gewapende rowers vermoor in dieselfde huis waar Charlize Theron se ma die Oscar-bekroonde aktrise se pa meer as 20 jaar gelede uit selfverdediging geskiet het.

Die vermoorde Barry Newland het ’n motoronderneming uit die huis in Sewendestraat, Rynfield bedryf, het The Star berig.

Newland se tuinier en huishulp is ook tydens die voorval vasgebind.

In 1991 is Theron se pa, Charles, deur haar ma, Gerda, geskiet nadat hy beweerdelik dronk by die huis gekom het en gedreig het om beide ma en dogter dood te skiet.

Theron het nog nie op die voorval kommentaar gelewer nie.

Lees meer hier.