Niemand sal ook in dié week se semi-finaal uitgestem word nie. 

Dit volg nadat M-Net vermoed het sommige deelnemers trek voordeel uit die sosiale media. 

“Die besluit is ter wille van billikheid en regverdigheid geneem,” lui ’n verklaring van M-Net. 

Die TV-kanaal het begin vermoed sekere deelnemers trek onregverdig voordeel uit betaalde bemarking (boosted posts) op Facebook. 

“Betaalde bemarking, wat teen die reëls van die kompetisie is, kan hul getal stemme verhoog. Dit lei ’n onbillike voordeel. 

“Dit het M-Net genoop om te ondersoek hoe dit die eindresultaat van die stemmery kan beïnvloed.” 

Gevolglik sal die deelnemers Luke Lovemore en PJ Pretorius ’n tweede kans gegun word. 

Die laaste aflewering van The Voice South Africa, waartydens die wenner aangekondig sal word, word op 9 Julie uitgesaai.