Tydens ’n roetine-verkeersinspeksie het beamptes ’n voertuig van die pad laat aftrek omdat dit ’n gekraakte windskerm gehad het.
In hierdie stadium is dit onseker of die drietal, bestaande uit twee mans in hul vyftigs en ’n vrou in haar twintigerjare ’n terreuraanval of moontlik ’n onderonsie met ’n bendegroep beplan het. Hulle is vermoedelik afkomstig van Pennsylvania. Verdere berigte maak ook melding van nagvisietoerusting en messe wat ook gevind is.
Sowel die hawe-owerheid as die gesamentlike terrorisme-taakmag ondersoek die aangeleentheid. Die Holland-tonnel loop onderdeur die Hudsonrivier en verbind Manhattan-eiland met New Jersey. Gemiddeld 100 000 voertuie maak daagliks van die tonnel gebruik.

A photo posted by Dick Page (@dickpageface) on

Twee senior amptenare het gesê die verdagtes is “vuurwapen-entoesiaste” en dat daar nie rede is om dit as ’n terreur-bedreiging te sien nie.

Ander gissinge dui daarop dat dit moontlik eerder met kriminele aktiwiteite verband hou.

Die ondersoek duur voort.

Bronne: mediaite.com, nbcnewyork.com,