Toe die Yorkshire Polisie op 14 Augustus 2014 die Britse nuusagentskap BBC ’n toegelaat het om hul ’n klopjag op die enigmatiese sanger se huis te verfilm, was die vet in die vuur.

Die BBC is daarvan beskuldig dat hulle “onnodige spanning” sou veroorsaak het en met Cliff se privaatheid ingemeng het.

Hy is as ’n slagoffer in plaas van ’n seksuele oortreder beskou. Hy was ook ontevrede dat die polisie hom nie vooraf oor hul klopjag ingelig het nie. Cliff was tydens die klopjag in Portugal.

Daar is ooreengekom dat die besonderhede rondom ’n ondersoek van die bewering dat Cliff ’n sestienjarige seun in die tagtigerjare molesteer het, met ’n maand vertraag sou word.

Die voorval het glo plaasgevind toe Cliff ’n Christelike byeenkoms van die Amerikaanse evangelis Billy Graham bygewoon het. Cliff het herhaaldelik sy skuld ontken. Maar sy vriendskap oftewel verbintenis met die sekspes Jimmy Savile en ’n paar ander ongure karakters het talle aan sy onskuld laat twyfel.

In Februarie 2015 het die ondersoek na sy moontlike seksuele misdrywe wyer uitgekring.

Cliff het volgehou dat alle moontlike klagtes en beweringe “absurd en onwaar” is.

Na die verloop van nog ’n jaar het van die ster se vriende die ondersoek as “skandalig" bestempel.

David Wigg, een van die ster se vriende, het ook weer sy geloof in Cliff se onskuld tydens ’n onderhoud met The Mirror onderskryf.

“Ek glo geen een van hierdie bewerings nie. Ek kan nie verstaan hoekom dit so lank duur nie. “Ek dink dis aaklig vir hom en dit bring ongelooflike spanning mee om geen uitsluitsel na so ’n lang tydsverloop te hê nie.” Hy’t voorts gesê Cliff is uitgemergel en geskok deur al die beweringe en het die ondersoek as ’n heksejag afgemaak. Maar op Dinsdag, 10 Mei 2016, het dit op sosiale media gegons. Laatmiddag het dit bekend geraak dat die Kinderbeskermingseeenheid ’n omvattende verslag van die polisie ontvang het.

’n Woordvoerder van die Kinderbeskermingseenheid het aan die BBC gesê: Ons het ’n vol lêer met getuienis van die Yorkshire Polisie ontvang.”

In reaksie daarop het ’n woordvoerder van die betrokke polisiediens as volg bevestig: “Daar is ’n ondersoekverslag wat verband hou met bewerings van nie té onlangse seksuele misbruik waarby ’n 75-jarige man betrokke was, aan die KBE oorhandig.”

Cliff se woordvoerder het dit as onvanpas bestempel om in hierdie stadium kommentaar te lewer.

Bronne: guardian.com, ibtimes.co.uk, mirror.co.uk, bbc.com, youtube.com

Ander stories op Huisgenoot.com

70-jarige pensioenaris skenk die lewe aan haar eersteling

Sewejarige seun wat sy hare aan kankerpasiënte skenk word self daarmee gediagnoseer

Herleef binnekort ons grootste sportoomblikke by die South African Sport Hall of Fame in Sun City

Kyk: Reuse-patat van byna 5 kg laat die tonge behoorlik klap!