Kesha

kesha

Die popster Kesha het glo 1 500 in haar SAT-eksamen behaal en het ’n IK van 140. Voor sy die musiekwêreld betree het, wou sy sielkunde en godsdiens studeer.

Quentin Tarantino

quentin

Hy is ’n bekende rolprentvervaardiger, dus sal dit jou seker nie verbaas dat hy ’n slimkop is nie, maar het jy geweet hy het nooit hoërskool voltooi nie? Selfs ná al die verstommende flieks wat hy al geskep het, is dit steeds ’n verrassing dat sy IK 160 is, ewe veel as die genie Stephen Hawking s’n.

Steve Martin

steve

Hy is ongelooflik snaaks, maar moenie dink hy is onder ’n kalkoen uitgebroei nie. Voor hy akteur geword het, het Steve ’n graad in filosofie aan die Kaliforniese Staatsuniversiteit behaal en drome gehad om ’n professor te word. Met sy IK van 142, hoekom dan nou nie?

Shakira

shakira

Ons ken Shakira om haar lekker liedjies en daardie lyf wat dinge kan doen wat ons reguit na die fisioterapeut sal stuur. Maar sy is ook verrassend slim en spog met ’n IK van 140. Sy was selfs al ’n gasspreker by die Universiteit van Oxford.

Madonna

madonna

Die Material Girl is nie juis om haar verstand bekend nie, maar sy behoort te wees. Met ’n IK van 140 is sy slim genoeg om lid te word van Mensa, die wêreld se oudste en grootste IK-vereniging.

James Franco

james

Hy staan bekend as een van die hardwerkendste in die vermaakwêreld. Asof een doktorsgraad nie genoeg is nie, is hy onlangs ook deur die Universiteit van Houston vir nog een aanvaar. James is een van 20 aansoekers uit 400 wat daar vir ’n doktorsgraad in letterkunde en kreatiewe skryfkuns goedgekeur is. Hy is reeds ingeskryf vir die doktorale program in Engels by Yale en gee klas by NYU.

Natalie Portman

natalie

Sy is ongelooflik mooi en plat op die aarde, en ewe slim. Natalie het ’n B.A.-graad in sielkunde aan die Harvard-universiteit behaal en praat ook Hebreeus, Frans en Japannees vlot.

Sharon Stone

Die sexy aktrise Sharon Stone se skoonheid betower ons al jare op die silwerdoek. Haar IK van 154 is ewe indrukwekkend. Sy was maar 15 toe sy ’n beurs van die Universiteit van Edinboro in Pennsilvanië kry. Sy het beeldende kunste en skeppende skryfkuns studeer. Sjoe!

-         Faiza Mallick

Bron: chacha.com; webcenters.netscape.compuserve.com