Die Monuments Men het gehelp om byna 5 miljoen kunswerke en kulturele voorwerpe terug te vind wat die Nazi’s tydens die Tweede Wêreldoorlog geplunder het. Honderde duisende skatte word steeds vermis. Die stigting, met sy hoofkwartier in Dallas in die VSA, spits hul daarop toe om die groep te vereer en hul werk voort te sit, en hoop dat ’n nuwe funksie op hul webwerf die kunswerke sal help opspoor.

Die Monuments Men Foundation for the Preservation of Art het ’n lys saamgestel van die “mees gesoekte” kunswerke en dokumente. Dié lys sluit werke van Sandro Botticelli, Auguste Rodin en Paul Cezanne in.

Die stigting meld ook daar is albums van twee reekse wat die werke wat die Nazi’s gevat het, wat vermis word. – Sapa.

’n Nuwe fliek met George Clooney, The Monuments Men, beeld die werk van die Amerikaanse weermag se afdeling vir skone kunste en argiefdienste uit. Die fliek begin op 14 Februarie landwyd in teaters draai.

Kyk die lokprent hier: