Hierdie eiesoortige, bekroonde app gaan jou kind se leesvaardighede en woordeskat verbeter, en dit gaan ook oop en verbeeldingryke spel bevorder.

Is jou kleintjie bang vir die monster onder sy bed of die een wat snags in sy kas wegkruip? Dan is Monster Moogle net reg vir jou. Dit is die Johannesburgse grafiese ontwerper en entrepreneur Danielle Orkin se geesteskind. Hierdie slim interaktiewe storieboek-app gee jou kind die mag om hul verbeelding in te span en hul vrese te oorkom.

Die app het ’n monster-skepper waar kinders hul eie kunswerk skep en stories daarby skryf. Butch die vriendelike hond is die verteller en reis deur towerlande waar hy sy monster-maatjies ontmoet. Die pragtig geïllustreerde monsters word met interaktiewe elemente, versteekte animasies en ’n verskeidenheid geluide ontwerp.

Ouers kan hul kleintjies se kunswerke wysig, stoor, uitdruk of deel; dit is ’n wonderlike manier om iets traumaties in iets prettigs te omskep.

Monster Moogle is teen R21,30 op iTunes beskikbaar.

Leer meer oor Monster Moogle by sy webtuiste, of kyk die video hier:

- Janine Nel