Nou het ’n video uitgelek wat wys net hoe vreemd die aktrise opgetree het!

? @frame #framedenim #LaLaLand ? @bfa

A photo posted by Mischa Barton (@mischamazing) on

In die video, wat op die skinderwebwerf TMZ gedeel is, hang die ster, geklee in ’n hemp en das, oor haar agterplaasheining en gil sy onder meer oor haar ma, Nuala. Sy noem dié ’n heks. Op ’n kol val sy boonop om na haar tirade.

Die polisie is Donderdagoggend na haar huis ontbied nadat hulle talle oproepe ontvang het van bure wat bekommerd was oor haar vreemde gedag.

Mischa beweer nou haar drankie was gedokter terwyl sy die vorige aand, op 25 Januarie, uit was met vriende om haar verjaardag te vier. “Terwyl ek drankies geniet het, het ek besef iets is nie reg met my gedrag nie. Dit het vreemd en net erger geraak oor die volgende paar uur,” sê sy. Sy het vrywillig professionele hulp gekry en dis toe dat sy ontdek haar drankie was gedokter. "Ek het oornag gebly en is nou tuis en doen goed."

“Dis ’n les vir alle jong vroue daar buite. Wees versigtig van wat om jou gebeur.”

Dis nie die eerste keer dat Mischa se vreemde gedrag die opskrifte haal nie. Sy is in 2007 - ’n jaar nadat sy The O.C. verlaat het, in hegtenis geneem vir dronkbestuur en het in 2009 ’n emosionele ineenstorting gehad.

Sy en haar ma, Nuala, is ook nie op goeie voet nie. Sy het in 2015 haar ma, wat jare lank haar loopbaan bestuur het, gedagvaar omdat dié glo onder meer geld gesteel het.

KYK DIE VIDEO HIER:

Bronne: Cover Media, Tmz.com, Dailymail.co.uk