Die indeks vergelyk die pryse van MacDonald’s se Big Mac-burgers wêreldwyd en bepaal so die koopkragpariteit van die plaaslike geldeenheid.

“Wanneer ’n produk op wêreldmarkte verhandel word, behoort dit in elke land dieselfde te kos (in dollarwaarde),” verduidelik Waldo. Omdat ’n Bic Mac wêreldwyd grootliks identities is, is dit ’n goeie maatstaf om afleidings te maak oor wisselkoerse. “Wanneer die prys van ’n Bic Mac in Suid-Afrika (uitgedruk in dollar) verskil van die prys in die VSA, het jy ’n maatstaf van die moontlike oor- of onderwaardasie van die wisselkoers,” sê Waldo.

Omdat ’n Bic Mac wêreldwyd grootliks identities is, is dit ’n goeie maatstaf om afleidings te maak oor wisselkoerse.

Suid-Afrikaners dok nou sowat R25,50 op vir ’n Bic Mac. Teen die huidige wisselkoers van om en by R11,48 teen die dollar, beteken dit ons betaal sowat $2,22. Maar in Amerika kos ’n Big Mac $4,79. Dit beteken die rand is meer as 50 persent onderwaardeer.

Daarvolgens “behoort” die wisselkoers eintlik R5,32 per Amerikaanse dollar te wees.

Tog maak Waldo dit duidelik alles is nie so eenvoudig nie. Koste wat baiekeer buite rekening gelaat word, is hoeveel die arbeid om dit te maak kos; so ook die huur van die perseel. In werklikheid sê hy dat die wisselkoers nie bepaal word deur handel in goedere en dienste nie, maar deur talle ander faktore, soos buitelandse belegging in ’n land.

Maar wat beteken die swakker wisselkoers nou eintlik? “Dit beteken eenvoudig dat ons uitvoerprodukte nie in aanvraag is nie,” sê Waldo.

Hoewel interessant, moet die Bic Mac-indeks dus beslis nie besonder ernstig opgeneem word nie. En intussen sal Suid-Afrikaners steeds mooi moet beplan as hulle wil gaan vakansie hou in Amerika.