’n Troeteldier is ’n wonderlike maat en wetenskaplikes het al in verskeie studies bevind dit hou talle voordele in om ’n troeteldier aan te hou.

Voor jy jou kinders die groen-lig gee, vra jou dié vyf vrae af:

  1. Is jy en jou kinders gereed vir ’n lewenslange verpligting? ’n Troeteldier is nie net iets wat nou jou behoefte aan geselskap bevredig nie. Jy moet bereid wees om hom sy hele lewe lank te versorg. Jou kinders moet ook bereid wees om uit te help met die troeteldier se voer en versorging.
  2. Kan julle ’n troeteldier aanhou waar julle woon? As jy in ’n piepklein woonstel woon, is dit dalk nie die beste idee om ’n groot hond te kry nie. Maak seker jou huis is toegerus vir jou troeteldier, byvoorbeeld is daar ’n katdeurtjie of venster wat jy vir jou kat oop kan los?
  3. Wie gaan die troeteldier voer en met hom gaan stap? As jy dikwels nie by die huis is nie, sal jy vooraf reëlings moet tref oor wie se verantwoordelikheid die troeteldier gaan wees wanneer jy nie daar is nie, selfs al is dit net vir een aand wanneer jy na ’n oorslaappartytjie toe gaan. Verduidelik aan jou kinders dat die troeteldier hulle verpligting ook gaan wees, en dat hulle ook van hul eie tyd sal moet opoffer en aanpassings sal moet maak.
  4. Wie gaan jou troeteldier potjiedissipline leer? Hondjie en katjies moet almal geleer word hoe en waar hulle hul ding moet doen. Belê maar solank in ’n bollieskoppie as jy agter jou hond moet skoonmaak.
  5. Is jou kinders bereid om die troeteldier te bad, te kam, en te versorg wanneer hy siek is? Nes mense moet honde ook goeie higiëne hê en die verantwoordelikheid daarvoor berus by die eienaar. As julle ’n kat wil hê, sal hy gelukkig self hiervoor sorg!

-         Shané Barnard

Bronne: ADOPTAPET.COMPETMD.COMEVERYDAYHEALTH.COM