Hoekom snork kinders?

“As ’n ouer hul kind snags hoor snork, is dit baie belangrik dat hulle dit onmiddellik onder hul dokter se aandag bring,” sê prof. Robin Green van die Steve Biko-hospitaal in Pretoria. Hy voeg by dat die gesnork ’n gevolg is van die kind se asemhaling wat belemmer word. Dit beteken daar kom nie genoeg suurstof in hul bloedstroom nie.

’n Gesnork in kinders word grootliks veroorsaak deur vergrote adenoïede en mangels. Dit kan ook veroorsaak word deur ’n probleem met die kind se anatomie, soos ’n klein kaak, smal lugweg of ’n probleem met die spiere wat die lugweg beheer. Griep en allergieë kan ook ’n oorsaak wees.

Wat is die gevolge van snork by kinders?

“Dit kan lei tot enigiets van ’n leerprobleem tot ’n stremming op die hart, wat beteken jou kind kan aan hartversaking ly,” sê prof. Green.

Snork kan ook ’n simptoom wees van ’n slaapsteuring genaamd slaap-apnee. Slaap-apnee kan die volgende veroorsaak:

  • Leerprobleme
  • Gedragsprobleme
  • Bednatmaak
  • Slaapwandel
  • Vertraagde groei
  • Ander hormonale en metaboliese probleme
  • Onvermoë om floreer

As die probleem slaap-apnee is, sou dit raadsaam wees om ’n slaapspesialis te raadpleeg.

Hoe kan ek die gesnork stop?

Volgens prof. Green met die algemeenste oorsake is die verwydering van die kind se adenoïede of mangels die eenvoudigste raad.

Ander metodes wat jy kan probeer:

  • Sit ’n kussing onder jou kind se matras as hulle in ’n wiegie sonder ’n kussing slaap. Sit dit onder hul kop as hulle klaar in ’n bed met ’n kussing slaap. Die oplig van hul kop kan kongestie help verlig.
  • As allergieë ’n probleem is, verwyder alle moontlike oorsake uit hul kamer, soos donskomberse en troeteldiere. As dit steeds ’n probleem is, kan jou pediater allergiemedikasie voorskryf. Sodra die allergie onder beheer is, kan jou kind se asemhaling verbeter.

- Shandukani Mulaudzi

Bronne: medicalnewstoday.com, sleepapnea.org, whattoexpect.com

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.