Maar die sosialemediareus het gebruikers se vrese gou besweer.

Dit sal nie gebeur nie, het Facebook eergister bekend gemaak.

Die plasing wat rondgestuur word, het vrese laat ontstaan dat die sosiale netwerk gebruikers sowat R84 per maand sal vra om toegang tot hul profiel privaat te hou.

“Ja, daar is dalk water op Mars, maar moenie alles glo wat jy vandag op die internet lees nie,” het Facebook gesê. “Facebook is gratis en dit sal altyd wees. En die ding dat jy ’n afskrif van ’n regskennisgewing moet maak en plak is net ’n poets. Bly veilig daar buite, aardbewoners!”

Dit is nie die eerste keer dat so ’n gerug die ronde doen nie. Kort nadat Facebook bekend gestel is, het hulle duidelik gemaak “enigeen wat Facebook gebruik, besit en beheer die inhoud en inligting wat hulle deel, soos in ons bepalings uiteengesit. Hulle beheer hoe daardie inhoud en inligting gedeel word. Dit is ons beleid, en dit was dit nog altyd”.

Bronne: al.com, digitaltrends.com