’n Video van ’n seuntjie wat sy pa smeek om op te hou rook en drink, roer die hartsnare.

Dit het alles begin by die onskuldige vraag: ‘Is alles oukei?’ in ’n geselsie tussen ’n Nieu-Seelandse pa en sy seun. Toe verander dit in ’n dieper gesprek.

Die tranerige seuntjie het onthul hy huil omdat hy wil hê sy pa moet ophou rook en drink.

“Moenie doodgaan nie,” sê hy in een stadium.

Die video eindig waar die pa belowe om ’n gesonder leefstyl te volg.

Die hartroerende gesprek het Facebook behoorlik laat gons en het glo binne net agt uur meer as 81 000 likes gekry en dit is 3 500 keer gedeel. Kyk hier na die video:

Bronne: elitedaily.com, YouTube.com