’n Video van ’n kat wat wraak neem op sy eienaar is op kamera vasgevang, en vandat dit Sondag (15 Maart) op die internet gelaai is, het duisende mense wêreldwyd dit gekyk en gedeel. En katliefhebbers begin met nuwe oë na hulle katte kyk. Die video wys ’n musikant wat kitaar wil speel en wat dit wil opneem.

Maar nou weet hy – die kat is altyd baas!

Hy skakel die kamera aan en wil op ’n stoel aan die oorkant van die vertrek gaan sit.

Maar sy kat is in die pad en lê heel gemaklik op die stoel.

Die eienaar skop die kat hard van die stoel af en skop hom selfs ’n entjie verder.

Die kat het egter nie lank gewag voor hy wraak geneem het nie en hardloop by die trap op, wat reg agter die man is, en skop ’n potplant op die man se kop af. Dit lyk asof dit ’n harde slag vir die man was.

Maar nou weet hy – die kat is altyd baas!

Kyk hier na die video: