Huisgenoot het met 'n paar wenners van 'n Coca-Cola-kompetisie, 'n borg van die Rugby Wêreldbeker, gevra wat die Springbokke moet doen om te wen (die wenners is beloon met 'n vyf die lange vakansie in Londen en gaan vandag en môre se halfeindstryde kyk).

  • Rico Wannenburg van Pretoria het grappenderwys gewys gesê die Bokke moenie dat die Kiwi's se Haka vrees by hulle inboesem nie. "Die mane moet verdedig en skerp wees. Ek voorspel die telling gaan 24-18 wees," sê Rico. Toe sy vrou, Paula vir hom vra in wie se guns sy telling is, het hy vinnig teruggekabbel: "Parra, moenie my soek nie. Jy loop huis toe." Paula het ook bygevoeg die manne moet rugby speel "nie die skop-skop nie. Dis sokker. Speel rugby."
  • Fred Schutte van Johannesburg glo ook die sleutel tot sukses lê in die Bokke se verdediging. "Moenie die All Blacks spasie gee nie," is Fred se advies.
  • Sannelie Posthumus van Riversdal sê die Springbokke moet vinnig by die afbreekpunte wees dat die manne in swart nie die bal steel nie.