Het jy min tyd en energie oor teen die tyd dat jy aandete moet begin maak? Dié heerlike, maklike mikrogolf-tertjies van Huisgenoot  is ‘n kombinasie van spek, kaas en sampioene en is perfek vir ‘n ligte ete en selfs kosblikke.

  • Lewer 6
  • Bereiding: 10 min.
  • Gaarmaak: 4 min

Jy benodig:

  • 4 eiers
  • 60 ml (¼ k) suurroom
  • 80 ml (? k) gerasperde mozzarella
  • sout en peper
  • 100 g sampioene, in skywe gesny
  • 3 skywe toebroodjieham, gekap
  • ’n hand vol vars grasuie, gekap

Doen dit:

  1. Smeer 6 holtes van ’n silikoon-kolwyntjievorm.
  2. Meng die eiers, suurroom en kaas in ’n mengbak en geur met sout en peper.
  3. Meng die sampioene, ham en grasuie en verdeel tussen die kolwyntjiesholtes.
  4. Giet die eiermengsel oor die sampioenmengsel in die holtes.
  5. Mikrogolf 4 minute op hoog of tot die sampioene gaar is.
  6. Sit die tertjies voor saam met ’n slaai van jou keuse.

Klik hier  vir dié en nog ander heerlike Huisgenoot-resepte.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.