Die klein vegtertjie wat vyf jaar gelede diep in Suid-Afrikaners se hart ingekruip het, word vandag ’n volle sewe jaar oud.

Pippie Kruger het op Oujaarsaand 2011 brandwonde aan 80 persent van haar lyf opgedoen toe vuuraansteekjel by haar ouerhuis in Lephalale (Ellisras) ontplof het. Van toe af veg sy moedig voort.

Toe sy destyds vir die eerste keer huistoe kon gaan, was Huisgenoot daar.

“Vandag is my Poppie sewe jaartjies oud,” skryf haar ma, Anicè, op Facebook.

Pippie

“Baie geluk met jou verjaardag, my liefiekind. Dankie, Pappa Vader, vir elke dag se genade en dat ons wonderwerkie steeds elke dag by ons is en net mooier, groter, ouliker en sterker word.

“Dankie, Pappa Vader, dat u plan met haar lewe soveel groter is as wat ons ooit kan verstaan, maar dat U ons nooit alleen sal los nie.

“Lekker dag, prinses Pippie.”

Pippie het aanvanklik ’n skrale kans op oorlewing gehad, maar sy vorder goed, het Anicè in ’n onlangse onderhoud aan Huisgenoot vertel. “Daar is elke dag iets nuuts: ’n nuwe woord, goed wat sy doen . . .”

Sedert daardie tragiese aand in 2011 het Pippie al 55 operasies ondergaan en hulle weet nie hoeveel keer sy nog onder die mes sal moet gaan nie.

“Ná 55 prosedures wil ons haar nie onnodige operasies laat ondergaan net omdat ons ons oor letsels bekommer nie. Eendag, wanneer dit klein merkies is, kan ons dit laat herstel. Maar as Pippie sê sy wil nie weer geopereer word nie, sal ek haar ook nie dwing nie,” het Anicè gesê.

Lees ook op Huisgenoot.com:

Nike staan bankvas agter Maria Sharapova

EKSKLUSIEF: ’n Groot gunsteling verlaat die Laan

Errol se meisie het nie een varkie in die hok nie

Bisarre foto’s en video’s: So versorg ’n mens jou hare en naels in die ruimte . . .