Hier's 'n heerlike rondomtale van ons lesers wat lesse wat hul ma's hulle geleer het, op ons Facebook-blad gedeel het. Ook van ons land se bekendes het vandag seker gemaak hul ma's weet hoeveel hulle waardeer word. Magda Rabie het geleer om nooit ’n ding uit te stel nie. Doen dit dadelik, het haar ma haar geleer.

John Louis: “My ma het ons as kinders geleer dat jy nooit moet dink jy's beter as enigiemand anders nie.”
Willemien Putter Rautenbach: “Wees die beste wat jy kan wees, doen jou bes en God doen die res.”
Shimoné Botha: “Hoe om kos te maak en om lief te hê.”

Ma. Dankie. Vir die pad wat ma van kind af gestap het, en dat ma alles wat ma seergemaak het as kind, vir ons probeer laat anders uitwerk het. Dat ma tot vandag toe nog baklei vir ONS kinders om nie deur te maak wat ons weer deurgemaak het as kinders nie. Dankie dat ma al die sleg in goed probeer verander, so fisiese bewys van wat God sê, dat Hy alles ten goede sal laat meewerk vir die wat Hom liefhet. Nie ek of ma is God nie, maar ons dra dele van Hom in ons, en so sal ons nie met ons eie werke die sleg vir die goed kan laat draai nie. Maar op my knieë sal ek wees, tot ons God sal ek bid, die Een wat dit ALLES doen. Elke een van ons dra 'n stukkie van God. Dankie vir dit wat ma van Hom dra, en vir my wys Van God wat ek by niemand anders kan leer en sien nie, omdat God net dit vir ma spesifiek gegee het om te dra en te leef, soos ons elkeen 'n deel van Sy liggaam is. Om te kan 'eet' van ma, soos God sê dat ons moet brood breek en van Sy liggaam moet eet, want van Sy woord sal ons leef, is so vervullend. Dis 'n voorreg om nog 'n deel van God se liggaam en wese deur ma te kan ontdek. Dankie vir wie ma is. En vir wie ons kan wees. Lief vir ma? @ronelbrink1

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Martinette Hennico Viljoen: “My ma Marié Pienaar het my obviously maniere geleer maar dit wat ek vandag nog doen is om sterk te staan vir myself, ’n beter mens elke dag te wees, om die lewe vas te vat en vorentoe te kyk en nie stil staan nie want die lewe is te kort, as jy ’n ding gedoen wil hê, doen dit self en kry dit klaar, môre is te laat. Dankie, Ma. Lief vir my ma.”

playing waiter for my mom ...@011 in Dainfern Square......great food xx

A post shared by Amor Vittone (@amor.vittone) on

Harry Dique: “Moet nooit aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie.”
Shane Jansen van Vuuren: “As ek alles moet saamvleg sal ek sê Mammie (Marie Joubert) het my geleer môre skyn die son weer. Maak nie saak of jy 1000x val nie, jy is altyd sterker as wat jy dink.”

Prt1 Woman That Inspire Me My Mom #MardeahAdams Happy Mothers Day

A post shared by emo adams (@emo_adams) on

Elizabeth Magou Jaarsen: “Mededeelsaamheid is jou plig. Moet nooit met ’n vuil kombuis gaan slaap nie. Lewe reg met mense wat jy op jou pad aantref sodat jy, wanneer jy langs die pad staan, by enige deur kan gaan aanklop.”
Eristene Husselmann Shendy: “Gee, gee, gee - al het jy ook hoe min.”
Gerda Swart: “My oorlede ma het my so baie geleer, dat ek heelmiddag kan sit en skryf. Maar twee goed van alles was: moet nooit kwaad gaan slaap nie en wees dankbaar vir dit wat jy het. Ons het haar ses jaar gelede aan die dood afgestaan en vanoggend my gewese skoonma wat soos my eie ma was vir my vir 17 jaar.”
Wanda Liebenberg: “Om nooit op te gee nie. My ma is ’n ware vegter. Dis nou al die derde keer dat sy teen borskanker veg en sy gee nie op nie.”

Not only the best Mom, but also the best Grandma! #MothersDay

A post shared by Tracey Lange (@traceylange) on

Anet Bates sê haar ma se waardevolle les is dat “TE net by tevrede pas”.
Kobie Van der Linde: “Ons het geleer van hoop en omgee vir mense, en van liefde. Jy moet daar wees as jou ma, jou kinders en ander mense hulp nodig het.”
Marsheri Annandale: “Sjoe, ja, moeders laat ’n stempel op elkeen se lewe en vandag kan ek net sê ek het die wonderlikste moeder.”