Ina Bonnette het nou die dag haar vermoorde seun, Conrad, weer gesien.

Nie in haar album of in die geraamde foto in die eetkamer waar sy twee kerse vir hom laat brand nie. Reg voor haar, lewensgroot.

“Ek het ’n duidelike visioen gehad,” vertel sy van die oomblik in haar sielkundige se spreekkamer en knyp haar oë toe terwyl sy onthou. Dit was die oomblik waarna sy so gesmag het.

Sy kon hom weer in die oë kyk en hom vertel wat sy graag wou. Soos hoe sy ’n paar dae ná sy dood met rooi gehuilde oë en sy eksamenuitslae van die Noordwes-universiteit op haar skoot gesit het.

Hy het onderskeidings vir al sy vakke gekry.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.