Johan en die medebeskuldigde Andries Sithole is ook skuldig aan die moord op Ina se seun, Conrad (19), het regter Bert Bam in die hooggeregshof in Pretoria beslis.

Dié opspraakwekkende saak spruit uit die groepsverkragting, ontvoering en poging tot moord op Ina deur Johan, Andries, Pieta Mohlake en Sello Mphaka. Johan se stiefseun, Conrad, is tydens dié gru-voorval in sy huis op Modimolle, Limpopo, vermoor.

Ina het tydens die hofsaak getuig dié drie mans het toegekyk terwyl Johan haar seksueel mishandel het en haar borste vermink het voor hulle haar om die beurt verkrag het.

Bronne: News24, Twitter