Die vrou wat blameer word vir Demi Moore en Ashton Kutcher se beweerde huweliksprobleme het vir die eerste keer met die media gepraat.

Gerugte het die ronde gedoen dat Moore en Kutcher se huwelik van die afgelope ses jaar op die rotse is nadat hulle op 24 September nie hul huweliksherdenking saam gevier het nie.

Volgens dié gerugte was Kucther glo verlede maand ontrou met die 22-jarige model Sara Leal by ‘n hotel in Kalifornië.

Leal het aan Brittanje se The Sun gesê sy en ‘n vriendin het twee ure saam met Kutcher deurgbring, het Contact Music berig.

Klik hier om meer te lees.

Volg Huisgenoot op Twitter.

-Contact Music/Nuus24