Adam Levine sê sy verloofde, Behati Prinsloo, het sy siening van die huwelik verander.

Die Maroon 5-hoofsanger het altyd volgehou hy sal nooit trou nie. Hy vertel hy het anders besluit nadat hy die model Behati Prinsloo ontmoet het. Hulle het in Julie verloof geraak.

Adam het in ’n onderhoud op The Tonight Show with Jay Leno gesê: “Beroemde laaste woorde: Ek sal nooit trou nie! Ek dink steeds nie ’n mens hoef te trou tensy jy iemand ontmoet met wie jy wil trou nie. En dan trou jy en dis wonderlik.”

Adam (34) het Behati (24) in Julie gevra om te trou. Hulle het toe pas hul verhouding hervat nadat hulle vir ’n rukkie uitmekaar was.