En daar haak sy toe af in ouwêreldse glans en glorie – en tipies Kate Moss (37) het sy en haar bruidegom, Jamie Hince, agterna ordentlik saam met hul gaste partytjie gehou.

Toe die Britse supermodel onlangs met haar rockster-liefie van die afgelope vier jaar trou, het sy seker gemaak sy doen dinge behoorlik.

Toegang tot die romantiese dorpie Southrop in die Cotswold-heuwels in die suide van Engeland is streng beheer en die sowat 300 gaste kon net met spesiale permitte toegang kry.

Die polisie het al Southrop se paaie gepatrolleer terwyl die bruidspaar, hul gevolg en gaste na die opskop aangery is met weelderige Rolls-Royce-motors.

In die nuutste uitgawe van Huisgenoot (14 Julie) spog ons met lekker foto’s van die troue en vele meer oor wat alles daar gebeur het.

Volg Huisgenoot op Twitter.