Die heel eerste lusmaker-lokprent van dié splinternuwe Anglo-Boereoorlog film is onlangs uitgereik.

In 1901, terwyl die Anglo-Boeroorlog in Suid-Afrika woed, word Boere-kryger Willem Morkel (Stian Bam) se vrou en engiste kind deur Britse soldate vermoor. Willem word gevange geneem en verban na die eiland van St. Helena waar ander Boere ook as krygsgevangenes aangehou word.

Daar is geen genade vir hulle nie, onder verskriklike omstandighede word elke dag ’n stryd om oorlewing, maar dit wakker die kameraadskap onder die mans aan, en hul word soos familie.

Kolonel Swannell (Grant Swanby) is in beheer van die konsentrasiekamp en het ’n vurige haat vir die Afrikaner, en hy maak hul bestaan so moeilik as moontlik. Dan aanvaar Willem ’n aanbod wat sal lei tot die belangrikste stryd van die Boere se lewens…

Huisgenoot het onlangs met die regisseur Sean Else gesels met die eksklusiewe bekendstelling van die film se indrukwekkende plakkaat.

[caption id="attachment_112271" align="alignnone" width="469"]Foto: Verskaf Foto: Verskaf[/caption]