in die ouderdom van 66 jaar. Mossie het destyds aan Huisgenoot vertel dat die Stilnox-pil sommige van die simptome van motorneuronsiekte (MNS) verlig het.

Maar sedert begin vanjaar het hy weer geleidelik begin agteruitgaan, vertel sy vrou, Carine (63). “Hy het begin sukkel om te sluk en gestik aan slym,” verduidelik sy.

In Januarie het dokters ’n voedingsbuis aan Mossie se maag gekoppel. Van toe af moes Carine kos versap en met ’n inspuiting direk in sy maag spuit.

“Hy kon tot aan die einde staan wanneer ek hom optel, maar hy kon nie meer loop nie,” vertel sy.

Op 4 April het hy vir haar gesê hy kan voel hy is besig om te sterf, sy moet die dokter en ambulans bel en die kinders laat kom. Hy het ook gevra sy moet sy moet sy “begrafnisboekie” saambring hospitaal toe.

“Andries was altyd bekommerd dat ek paniekerig sal wees aan die einde en nie alles bymekaar sal kry nie. Hy was ’n perfeksionis. Hy was maar altyd besorg oor my,” vertel Carine.

Sy  verduidelik die dokumente in die “begrafnisboekie” het bevestig dat Mossie se begrafnis klaar betaal is en het die besonderhede van die begrafnisondernemers bevat.

In die hospitaal het dit gou beter gegaan. Teen die Sondagoggend was die dokters gereed om hom Maandag huis toe te stuur. Maar die aand het hy net skielik stil gesterf. “Die suster het hom net ’n bietjie gedraai en toe sy hom terugdraai, kon ons sien dis verby,” vertel Carine.

Carine, wat Mossie jare lank elke dag tuis versorg het, vertel sy is nou gereed om aan te gaan met haar lewe. “Die lewe is ’n keuse,” sê sy moedig. “Ek moet besluit of ek in sak en as wil sit en of ek die lewe wil aangryp. Ek het besluit ek gaan vorentoe gaan. Ek hou baie van kuns en gaan later vanjaar kunsklasse bywoon. Ek is ook hard besig om weer vir my ’n vriendekring te vestig.”

– DEUR ALET VAN ZYL

Ons eerste onderhoud met Mossie

Ons laaste onderhoud met Mossie