Beste pres. Zuma, Ek sal jou nie as Vader van die Nasie aanspreek nie, want ek weet jy hou nie van formaliteite

nie...

In al die jare dat ons saam in die parlement was, het jy my altyd met groot respek behandel. Toegegee, ek was nooit langer as ’n minuut alleen saam met jou in ’n vertrek nie, maar steeds.

Mense het die afgelope paar dae vir my kom sê: ‘‘Evita, praat met hom. Kry dit in sy kop dat hy nie net ’n sing-en-dans-man is nie.’’

Natuurlik is jy nie. Jy was ’n belangrike rolspeler in die stryd teen apartheid, en die wêreld moet weet dat jy in die afgelope 30 jaar vir buitengewone dinge verantwoordelik was. Maar niks so buitengewoons, blyk dit nou, soos jou eie versameling pragtige vroue nie.

Liewe aarde, watter kompetisie probeer jy wen? Hoe is dit moontlik dat ’n man so midde-in die politiek soos die president van ’n jong demokrasie wat ewe veel toesig as ’n 16-jarige probleemkind verg, soveel tyd kry vir nie een vrou nie, maar drie?

Hoe laat kom jy eers by jou kantoor aan as jy soggens vir soveel vroue tot siens moet soen? En jy moet tog die vrede bewaar en hulle almal soen, anders sit ons gou met ’n televisiereeks genaamd Desperate First Ladies!

Lees die volledige brief in die Huisgenoot van 18 Februarie.