Die huidige Mnr. Suid-Afrika, Adriaan Bergh, is eergisteraand omstreeks 19:15 deur vier gewapende mans beroof.

Volgens Beeld was Bergh (24) besig om koerant te lees en te eet in die Nando’s-restaurant in die Leaping Frog-winkelsentrum in Fourways, toe die rooftog plaasgevind het.

Die rowers het Bergh met ‘n rewolwerkolf teen die bors gestamp en sy besittings geëis.

“Ons regering moet ons veiligheid begin opknap sodat ons mense weer veilig sal voel,” het hy aan Beeld gesê.

Volg Huisgenoot op Twitter.