[caption id="attachment_62072" align="aligncenter" width="600"]Die pasgetroudes, John en Sonia Owens. Die bruid het ’n pasgemaakte trourok gedra deur die gewilde ontwerper, F Wilson. Die pasgetroudes, John en Sonia Owens. Die bruid het ’n pasgemaakte trourok gedra deur die gewilde ontwerper, F Wilson.[/caption]

Jammer, julle, Mnr. Suid-Afrika is van die mark af!

Die 32-jarige John Owens, wat die titel op 7 November gewen het, het afgehaak met sy meisie van langer as agt jaar, Sonia.

Die paartjie het ’n babadogter, Blake, en het hul troubeloftes tydens ’n privaat plegtigheid in Pretoria afgelê.

John en Sonia (30) het mekaar in 2005 by ’n gemeenskaplike werkgeleentheid ontmoet. John sê hy was aanvanklik tot Sonia aangetrokke omdat sy ’n regte vuurvreter is en nie bang is om vir haarself op te staan nie.

“Sonia se beste karaktereienskap is dat sy goeie waardes en standaarde het en nie voor druk sal swig om hulle te versaak nie.”

John se intellek het Sonia se aandag getrek.

“Ek het al so baie by hom geleer en omdat ek ’n baie kort geheue het, is ek geneig om weer en weer te leer,” sê sy en giggel.

Die twee het in Julie verloof geraak nadat John alles uitgehaal het om die jawoord te vra.

“Ek het in die kombuis gewag terwyl Sonia in die stort was. My dogter het ook deelgeneem en langs my gekniel terwyl ons gewag het dat Sonia uitkom. Ons het albei rose vasgehou. Dié truuk het gewerk!”

Die egpaar gaan binnekort wittebrood hou: Waarskynlik ’n reis na Las Vegas of ’n eksotiese eiland  . . .