.

Mr SA John Owen.JPG

John Owen is die nuwe titelhouer nadat die beoordelaars hom in die laaste item as die wenner aangewys het. Hy is uit 12 finaliste van oral in die land gekies. Die naaswenner is Matthew Fincham (26) van Pretoria en Jacques Fagan (28), ook van Pretoria, het die derde plek behaal.

Mr SA Winners.JPG

John sê sy oorwinning is ’n droom wat bewaarheid is. “Ek is eintlik geboelie om aan Mnr. SA deel te neem, maar op die ou end het dit my lewe heeltemal verander. Ek het gesien dit is veel meer as net ’n skoonheidskompetisie. Dis ’n deur na baie geleenthede, nie net op ’n persoonlike vlak nie, dit bied jou ook die platform om ’n aktiewe bydrae tot die land in die geheel te maak,” sê die 30-jarige van Pretoria.

Hy meen die wenner van Mnr. SA moet regtig die handelsmerk gebruik om bewustheid oor belangrike vraagstukke en lewensuitdagings te skep. John werk die afgelope paar jaar vir een van die grootste privaat eiendomstrusts in Suid-Afrika en is sedert 2006 een van die topvyf verkoopsmense in Afrika. Hy leef gesond en speel gholf as ’n stokperdjie. Hy is ook aktief by liefdadigheidswerk met kinders betrokke deur die projek African Blessings.

Van die land se voorste bekendes, ontwerpers en medialui het die rooitapytgeleentheid bygewoon. Die aktrise en sakemagnaat Annie Malan, skrywer en sosiale vlinder Loui Fish, modeontwerper Paledi Segapho en sanger en liedjieskrywer Andries Hendrik Potgieter was van die beoordelaars.